Skrywer van die maand Maart 2017 Louis R Rautenbach

Boek: die Son kom op

Die Boek is  in Engels vertaal as The dawn has Broken: bestellings kan op die comment blok geplaas word

RESENSIE: DIE SON KOM OP

 

In “Die son kom op” deur Louis Rautenbach raak die skrywer aan ‘n onderwerp waaroor daar baie debatte aangegaan word – homoseksualiteit. “Die son kom op” is ‘n verhaal wat sy oorsprong kry van scenario’s wat in die realiteit plaasvind. Hierdie scenario’s raak nie net aan die fasette waardeur ‘n gay persoon gaan nie, maar ook aan die manier waarop familie, vriende en selfs die kerk ‘n naaste se seksualiteit hanteer.

 

Ek het groot waardering dat ‘n boek soos hierdie die lig gesien het – in Afrikaans en Engels. “Die son kom op” word nie deur middel van “net nog ‘n interpretasie” aangebied nie, maar raak aan die gestroopte werklikheid, Bybelse feite en selfs logiese lesing en toepassing van die Bybel.

 

Die grootste doel wat die skrywer hier skep, se vervulling lê in die hande van die leser; om verby die politiek, veroordeling en oningeligte doktrines te kyk en weer by die basiese grondslag van die Woord uit te kom – liefde, medemenslikheid, respek en ware eenheid in Christus.

 

“Die son kom op” is ‘n outentieke en triomfantelike sinopsis van die homoseksuele gemeenskap wat deur dieselfde Skepper as die heteroseksuele gemeenskap geskape is. Louis skroom nie om hierdie verhaal – wat vele mense se bestaan is – op die man af te vertel nie. Ek het hoë verwagtinge dat “Die son kom op” oor die potensiaal beskik om ‘n krities bekroonde boek te word.

Deur Mede skrywer gedoen


 

Leave a Reply

× chat with us on WhatsApp