Woordkuns Uurtjie met Corrie 7 April 2017

Waar ek onderhoude voer met skrywers oor hulle boeke en vir hulle blootstelling nasionaal en internasionaal met my program

 

Indien jy wil adverteer of blootstelling in die aanlyn FARMERSAID Tydskrif wat ook internasionaal verskyn , wil hê wat maandliks verskyn kontak my gerus vir ‘n pakket om jou sak te pas

 

Vandag gesels ek met Elsabie VD Westhuizen

: BOEK: BITTER EN SOET VAN `N OUER SE LEWE

In die boek gesels Elsabie oor haar pyn en hoe sy dit verwerk het en gee ook raad aan ouers met gebroke harte wat deur dieselfte bittere trauma gegaan het – Die Trauma kan ‘n mens en jou huwelik jou hele lewe vernietig en ek is seker daarvan dat die boek baie sal beteken vir menig gebroke ouerhart.

Sy het ook Die boek Klip Hart Vingerklip geskryf en haar boeke word ook voorgelees deur Cathy Louw Dinsdae om 11vm in haar program Skrywers en Digtersforum net hier op Netradiosa stuur gerus jou woordkuns vir Cathy om voor te lees

 

 Voorwoord

Die doel van die boek is in die eerste plek om aan die Here eer

te betoon deur die wonder van Sy betrokkenheid in ons tye van

trauma en verlies te beskryf. Ek het ook daarmee gepoog om

die wonderwerke wat ons voor, tydens en na ons seun se dood

beleef het, uit te beeld om aan die wat tans treur, hoop te gee.

Tydens `n onlangse kursus wat ek gedoen het saam met die

Joernaliste van Skryfgeheime, was die behoefte aan so boek

bespreek. Afgesien van behoefte, het ek `n dringendheid in my

ervaar om gestalte te gee aan `n boek oor ons kind se dood.

Verhouding met God in die gesin asook in die lewe van `n kind

is `n baie belangrike aspek wat ek hier aangeraak het. Ek het

ook die ervaringe van elkeen in die gesin gedeel asook die foute

wat ons gemaak het in ons tyd van rou.

Aan die einde het ek `n hoofstuk gewei aan die rouproses in

geheel. Dit was geneem uit eie ervaring maar ook versterk en

bevestig deur bykomende navorsing. Ek het waar nodig selfs

fotos ingelas om die werklikheid visueel `n groter waarheid te

maak. Ek wou deur die vertelling van ons eie ervaring, mense

wat in wanhoop verkeer help om weer te fokus en tydens die

rouproses hulp te aanvaar. Tydens `n onderhoud op Radio

Kansel in die maande na ons kind se dood, het die hulproep van

mense reeds duidelik gewys. Die boek mag dalk as verdere

hulpmiddel saam met ander van dieselfde onderwerp dien. Elke

mens is uniek en so ook elke verhaal.

Bietjie meer oor Elsabie uit haar eie pen:

Ek is 57 jr oud, getroud en ma van twee kosbare kinders, beide getroud en het twee kleindogters. Ek en my man woon in Zeerust, Noordwes. Ek is `n vryskut Tydskrif Joernalis. In werklikheid maar enkele artikels gedoen, waarvan een oor kanker gehandel het en was in LIG Tydskrif geplaas. Op een stadium was dit vir `n Radio Onderhoud vir Tafelberg Radio gebruik. Ek het `n kursus gedoen deur Skryfgeheime, gelei deur Liezl Heidtmann en Janie Oosthuizen om my skryfstyl bietjie af te rond. (Ek leer nog elke dag! Mens is nooit te oud nie.)

Ek was medewerker vir Riana Scheepers se kinderboek “Rympies vir Pikkies en Peuters” en verder skryf ek al jare boekies vir Ouetehuise en Gevangenis. Was betrokke by Gevangenis in Thailand vir paar jaar. Het meer op geestelike gebied hulp verleen. Na `n ongeluk 2012 en vier operasies, waarvan twee aan my nek, het ek die kursus aangepak en my skryfwerk baie ernstiger opgeneem en laat my tweede boek nou druk deur Marleo Publiseerders.

Ek skryf ook huidig `n paar Film Draaiboeke en werk ernstig aan komende Produksies. Dit sal ek egter eers later bekend maak.

Elsabie xxx

Indien jy wil adverteer of blootstelling in die aanlyn FARMERSAID Tydskrif wat ook internasionaal verskyn , wil hê wat maandliks verskyn kontak my gerus vir ‘n pakket om jou sak te pas.


 

Skrywer van die maand Maart 2017 Louis R Rautenbach

Boek: die Son kom op

Die Boek is  in Engels vertaal as The dawn has Broken: bestellings kan op die comment blok geplaas word

RESENSIE: DIE SON KOM OP

 

In “Die son kom op” deur Louis Rautenbach raak die skrywer aan ‘n onderwerp waaroor daar baie debatte aangegaan word – homoseksualiteit. “Die son kom op” is ‘n verhaal wat sy oorsprong kry van scenario’s wat in die realiteit plaasvind. Hierdie scenario’s raak nie net aan die fasette waardeur ‘n gay persoon gaan nie, maar ook aan die manier waarop familie, vriende en selfs die kerk ‘n naaste se seksualiteit hanteer.

 

Ek het groot waardering dat ‘n boek soos hierdie die lig gesien het – in Afrikaans en Engels. “Die son kom op” word nie deur middel van “net nog ‘n interpretasie” aangebied nie, maar raak aan die gestroopte werklikheid, Bybelse feite en selfs logiese lesing en toepassing van die Bybel.

 

Die grootste doel wat die skrywer hier skep, se vervulling lê in die hande van die leser; om verby die politiek, veroordeling en oningeligte doktrines te kyk en weer by die basiese grondslag van die Woord uit te kom – liefde, medemenslikheid, respek en ware eenheid in Christus.

 

“Die son kom op” is ‘n outentieke en triomfantelike sinopsis van die homoseksuele gemeenskap wat deur dieselfde Skepper as die heteroseksuele gemeenskap geskape is. Louis skroom nie om hierdie verhaal – wat vele mense se bestaan is – op die man af te vertel nie. Ek het hoë verwagtinge dat “Die son kom op” oor die potensiaal beskik om ‘n krities bekroonde boek te word.

Deur Mede skrywer gedoen


 

× chat with us on WhatsApp